Die Overstrand-munisipaliteit moes Sondagaand vars hulpbronne ontplooi om die wegholbrande by Stanford in die Wes-Kaap in bedwang te bring nadat ’n brand Saterdag by Tesselaarsdal ontstaan het en na S ...
Nooddienste in KwaZulu-Natal is op hoë gereedheid terwyl erge storms Margate aan die provinsie se suidkus groot skade veroorsaak aan paaie en ander infrastruktuur.
Switserland moet meer doen om kinders teen die gevare van sosiale media te beskerm, het Elisabeth Baume-Schneider, minister van binnelandse sake, Sondag gesê.
Nog brande het Sondag in Caledon in die Wes-Kaap opgevlam nadat ’n groot brand Saterdag op die N2 by Myddelton, in die omgewing van die Caledon-casino, uitgebreek het.
Dis vir ’n afrigter nooit lekker om “trots” te wees ná ’n nederlaag nie, maar die Leeus se Ivan Rooyen het met reg so gevoel ná Saterdag se VRK-stryd teen die Stormers.
Hier word openlik onwettig gemyn terwyl zama-zamas nie skroom om gesofistikeerde, swaar toerusting te gebruik nie.
Die AfriCamps-vakansieoord by Stanford moes Sondagoggend ontruim word nadat ’n brand wat Saterdag in die Hemel-en-Aarde-vallei ontstaan het, buite beheer geraak het.
Die familie van Rikus Kylander (18) van Krugersdorp bly hoopvol dat hulle hom sal opspoor nadat hy Donderdag in die see by Ponto do Ouro in Mosambiek vermis geraak het.
Die rowers het vermoedelik doelbewus die brandende voertuig in die middel van die pad laat staan om die sekuriteitswagte om die bos te lei.
Die nasionale polisiekommissaris is vol vertroue dat daar voor die einde van die naweek ’n deurbraak in die ondersoek na die moord op DJ Warras sal wees.
Die brand wat sedert Saterdag ook Tesselaarsdal in die Hemel-en-Aardevallei naby Caledon bedreig het, is nou besig om na Stanford te versprei.
Na wat berig word was daar ongeveer 12 aanvallers. Hulle het in ‘n wit kombi en ‘n silwer sedan-voertuig gery.